Sing

Dans

Leer

Speel

Wie is ek?

wie-is-ek

Inolke is die stigter en eienaar van MiniMusiek (Pty) Ltd. Sy het na skool haar B.Ed(Hons) kwalifikasies voltooi en as onderwyseres in die Grondslagfase begin werk. Musiek was nog altyd deel van haar lewe waar sy 'n verskeidenheid musiekinstrumente leer speel het, gedans en in kore gesing het. Inolke het 'n passie vir kinders, veral kleuters, en 'n groot liefde vir musiek. Deur hierdie twee komponente saam te smelt, het MiniMusiek (Pty) Ltd ontstaan.