MiniMusiek

Sing

Dans

Leer

Speel

Getuigskrifte

Claudette- Deandré en Xander se mamma (4 en 2 jaar oud)

Bo en behalwe die musiek, leer die seuns soveel dissipline. Kan dit nie glo nie! Dankie vir die musiek. Deandré is 'n baie woelige seun wat soms sukkel om te fokus. Ons kan duidelik sien hoe sy konsentrasie vebeter het vandat hy met die lessies begin het.

Martelize- Minke se mamma (2 jaar oud)

MiniMusiek klasse is magical en my dogtertjie is mal daaroor! Dankie Inolke dat jy kinderhartjies gelukkig maak deur musiek en jou entoesiasme vir wat jy doen!

Kate- Reuben se mamma (4 jaar oud)

Fantastic teacher, music lengthens brainwaves!

Roelene- Fredri se mamma (3 jaar oud)

'n Bondeltjie vreugde... Fredri kom Dinsdae na skool tuis met 'n huppel in haar stap. Sy sing en dans die res van die week en ons geniet dit so baie om ons dogtertjie so gelukkig te sien. Van sing en dans tot by toneelspel... ons lag so lekker en sing sommer saam. "Where words leave off, the music begins." - Heinrich Heine

Alet- Kara se mamma (3 jaar oud)

Kara geniet haar musiekklas só baie! Sy sing vir ons die liedjies wat hulle leer, maak die bewegings en vertel van al die instrumente wat hulle speel. 'n Definitiewe hoogtepunt sover was die doppies waarmee hulle musiek gemaak het.